Sendingwapen | |
Sendingstatistiek | |
Sendingnaam: | Apollo 10 |
Roepteken: | Beheermodule: Charlie Brown Maanmodule: Snoopy |
Bemanningslede: | 3 |
Lansering: | 18 Mei 1969 16:49:00 UTC Kennedy-ruimtesentrum LC 39B |
Tyd in wentelbaan: | 61 uur 37 minute, 23,6 sekondes |
Omwentelinge: | 31 |
Landing: | 21 Mei 1969 16:52:23 UTC 15° 2' S, 164° 39' W |
Tydsduur: | 8 dae, 0 ure 3 minute |
Massa: | CSM 28 834 kg; LM 13 941 kg |
Bemanningslede | |
V.l.n.r.: Cernan, Stafford, Young |
Apollo 10 was die vierde bemande sending van die Apollo-program en die eerste om vanaf platform 39B gelanseer te word. Die missie was die tweede om 'n bemanning in 'n wentelbaan om die maan te plaas. Die module het tot 15,6 km (8,4 myl) van die maanoppervlakte gekom gedurende die missie. Volgens die "2001 Guinness World Records" het Apollo 10 die rekord behaal vir die hoogste spoed bereik deur 'n bemande voertuig: 39 897 km/h (11,08 km/s of 24 791 mpu). Hierdie rekord is opgestel tydens hul terugkeer van die maan op 26 Mei 1969.